Afrikaans Poetry

Contributed by Baron - April 2, 1997

(Maybe Baron will someday translate these three samples for those of us who don't understand Afrikaans.) If you want more of these, ask Baron. He has oodles!)

Waar?!! - T. de V. Jansen van Noordwyk

Waar kan ek gaan,
Om weg te kom,
Na waar daar is:
Vrede en rus?

Waar sal ek liefde vind?
In di� land, of daar ver?
Wie kan dit vir my s�?

Waar kan ek my kop neerl�,
Sonder om te vrees
Oor wat die nuwe dag
Sal bring?

Waar sal ek heen gaan,
As ek nie meer kan aangaan
, Met my taak,
Vir my bepaal?

Waar kan ek rus vind?
Rus wat verewig bly?
Om vry te wees
Van alles om my?

Die einde is naby - T. de V. Jansen van Noordwyk

Die einde is naby
Dit weet ons gewis
Maar wie weet wanneer dit is.

Die einde is naby
Dit staan so geskryf
Maar die mens gee nie ag.

Die einde is naby
Nog 'n uur of nog 'n dag
Party gaan voort met die sondedaad.

Die einde is naby
Ons kan dit sien
Met oorlog en hongersnood.

Die einde is naby
Die tyd raak min
Sal ons more weer sien.

Liefde in my hart - T. de V. Jansen van Noordwyk

My hart het 'n boodskap
Van liefde en blydskap
Net vir jou my liefde
Sing my hart die liedere.

My hart ek hou van jou
My hele wese is vir jou
Liefde blom
Soos 'n atoombom.

My hart gee ek aan jou
Want ons liefde sal nie flou
Ons bly altyd trou
Tot die dood ons onthou.

Ons Plaas - T. de V. Jansen van Noordwyk

In Grootvlei se omgewing
Is 'n klein verwaarlooste plasie
Waar die lande nog groen was
Voor die droogte gekom het.

Die plaas lyk vreemd
Sonder die vee
Wat vetgevreet op die velde wei
En saans kraal se kanttoe stap
Waar ou Piet en sy getroue hond
Hulle deurnag oppas.

Die plaashuis is verlate
Ek onthou van 'n tyd
Van veesvier om die tafel
Die ou koolstoof
Wat die ou huis van klei en papier
Warm gemaak het in die vroe� oggend ure
In die winter.

Die winde waai
Oor die dor grasvlaktes
Die boorgat is amper droog
Net die windpomp staan
En die boom wat treur
Staan dood by die oog
Van die dorre fontein.

Die plaas was dalk nie weelderig nie
Maar Hy het ons goed behandel
Solank ons Hom goed behandel.

This is especially for you, Tobias!!

This page is hosted by Get your own Free Home Page

If you like this soft background, go see the lovely textures BrianT has at "Timid Textures!!"
MAP of the SITE
Go LINKS Go POETRY Go ALBUM Go MUSIC Go MAIN
� copyright 1999

Hosted by www.Geocities.ws

1