![]()
Sy druk haar kop stywer teen die kussing, en kners haar tande, want sy wil nie voel nie,
sy wil net slaap, wegkom, alleen wees met haar pyn, sy kannie langer wag nie.
Hy loop verward deur die huis, nee, meer kwaad as verward, met n gevoel van totale
magteloosheid.
Hulle is so bewus van mekaar soos die aarde van die son, saamgevang in die warboel van kosmiese rotasie, verbind en verstrengel in chaos en orde.
Sy kry koud, sy kry altyd koud deesdae, of sy eet of nie, of sy n trui aan het of nie, maar die gevoel van haar heupbeen op die matras troos haar, en dan loop die trane, en haar siel ruk wanneer die skerp lem van haar liefde vir hom draai.
Hy weet nie wat sy wil h� nie, hoe kan hy vir haar liefde wys, as hy nie na aan haar mag kom nie ?
|
![]() ![]() Welkom by Portaal Een
Vyg Fynbos skryf al van kinderjare se dae af, sommer vir die plesier daarvan.
![]() ![]() ![]() ![]() |