n paar vrae
n paar antwoorde

.

.



waarvandaan ?
- Wynberg, Kaapstad gebore 1967.

hoekom die naam heksie ?
- omdat ek graag met katte en hoenders
gesels, en my liefde vir die heelal en al die dinge daarin !

wie is my gunsteling afrikaanse skrywer ?
- P.C. Haarhoff

waar het ek al orals gewoon ?
- Kenwyn op die Kaapse vlaktes, Simonstad, Wynberg, Claremont, Groenpunt,
Seepunt, Vredehoek, University Estate, Observatory, Langstraat, Lorient in Frankryk,
en Ban Chang in Thailand, en ek woon tans op die weskus in die pragtige dorp Darling.

waaroor voel ek besonders sterk ?
- dat inligting nooit gesensor mag word nie

waarvan hou ek nie ?
- geweld
- misdaad
- leuens
- flou koffie
- regerings
- vrekwarm dae met bergwinde

wat irriteer my ?
- mense wat altyd siek of ongelukkig is
- onvriendlikheid
- inhaligheid

wat waardeer ek ?
- fynbos en die veld
- respekvolle aandag
- vo�ls en klein diere in my tuin
- groentesop met vars brood op n koue Kaapse wintersdag
- Tafelberg, veral daar aan kaappunt se kant

waarheen is ek oppad ?
- terug aarde toe

waar wil ek die graagste wees ?
- onder die skadu van die peperboom in my tuin, met n tuinslang
in my hand, hoenders op die werf, en die gefluit en klets
van vo�ls die agtergrond, my kinders veilig en gelukkig.

wat gee my heerlike plesier ?
- n goeie boek
- musiek op my oorfone
- dae lank se re�n
- n goeie argument

wie is my gunsteling Suid-Afrikaners ?
- James Phillips, tragies nie meer met ons nie.
- hy was ook bekend as Bernoldus Niemand.
- David Kramer is ook briljant
- Funny Carp, n Kaapse Vlaktes trip-hop band

wat moet ek net eenvoudig s� ?
- respekteer alle lewensvorms al verstaan jy dit nie

enige boodskap aan die leser ?
- wees geduldig en liefdevol...gaan in vrede
- lag..lag..lag vir jouself en die absurditeit van die lewe


1