omhels met weelde so materialisties
luuks en sag die aardse kussing

ek klop aan jou hartsdeur
maar daar is geen antwoord

net die echo van my liefdeskrete
rond loop my kop, my kop so bont

jy staan sterk vierkantig gepanser
jy neutraliseer my by voorbaat

logiese elektromagnetiese chemiese
neurospigiese data masjeer

dit masjeer rats rond in jou brein
en vloei perfek korrek uit jou mond

en slaan teen my krom kreatiewe
waansin soos n blou laserstraal

my teenreaksie spontaan emosioneel
kru afkrakend, n kortsluiting in die stroom

en dan wanneer die vonke spatter en spitter
sit ons elk eensaam en bitter

want dit is eintlik waaroor alles gaan
die onsettende aaneenhoudende eensaamheid

verwronge soektogte na liefde
getwis en geknoop in varieteit

nee, aanvaar dit, ek is nie soos jy nie
ek praat en skryf en dink nie soos jy nie

ek pas nie in die voorafgemete pasvorm nie
al druk en trek jy, al knip en skeur jy my

tog penetreer jy my in warm omhelsing
dan is ons een, dan is ons een

en wanneer ons knus en veilig verlig
rustig en verlief in omhelsing rus

wonder ek weer oor alles en besef
daar is geeneen vir my, as jy !

gedig deur Vyg Fynbos


kliek terug na die Rym & Dig blad
kliek terug na die INGANG blad
1