ek sit op die dak, met my fyn klein handsak, en kyk na die pad, want my ou stap dit plat..

jy voel warm en ek seksie, asof jy my lover is wat soek ons by die hoi-poloi ? kyk, die mense drom saam, om glase wyn en bier..

gedurende die nag het die duiwels om my siel gejag,
om my pyn gelag verkrag my
verderf my
vat my siel huistoe
matrix toe


met n bree nimf lag
en skitter in jou o�
lang bruin gedaaide hare
en modelling manicure
sit jy op stoeltjies
in rykmansbare

omhels met weelde
so materialisties
luuks en sag
die aardse kussing


so manlik staan jy daar
stomend eroties
tussen jou gereedskap
boute en moere
planke en kabels

staan maar daar en loer
so onderdeur jou bril
jou hande parmantig
oor jou bors gevou


sonder vlerk vlieg ons radeloos
swak en verskrik in ons verskalking
steeds flikker die sterre


soos 'n techno hoer sit ek
voor my rekenaar
en 'n probeer 'n lyn kry


jy loer skuins oor jou skouer na die kamera
en vra of dit okay is
jou skouers bruin gebrand en benerig
jou tieties ferm
klip en klei krale versier jou nek
koper deur jou ore

Soos skelms in die nag,
sluip sluip
kom hulle vinniger,
nader, kwader
sien die stof,
die dans van die dode
krippel klim die spinnekoppe,
kruip kruip


kliek terug na die INGANG blad

1