met n bre� nimf lag
en skitter in jou oë
lang bruin gedaaide hare
en modelling manicure
sit jy op stoeltjies
in rykmansbare

jy rook slimline sigarette
waarmee jy jouself later brand
wanneer jy so dronk is
dat net die mans weet wat julle doen

waarvandaan die barkindvrou
die dogter van n reccie wat
geskiet is in Angola
jou ma ook dood van drugs

jou storie is nogal traanwekkend
toe loop jy weg van die weeshuis
meisie, jy het nooit n kans gehad
jy's n hillbrow girl
almal se cherry ...

gedig deur Vyg Fynbos


kliek terug na die Rym & Dig blad
kliek terug na die INGANG blad
1